... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrees vir die Dood

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

Listen to the radio broadcast of

Vrees vir die Dood


Download audio file

Die meeste van ons voel ‘n bietjie ongemaklik wanneer ons aan ons dood dink. Aan die een kant weet ons met absolute sekerheid dat ons eendag gaan sterf. Aan die ander kant wil ons nooit hê dat daardie dag moet aanbreek nie.

Ons almal ervaar tot ‘n mate daardie stryd en hoe meer ons hare grys en ons velle vol plooie word, hoe meer neem dit ons gedagtes in beslag. Die dag toe ek hierdie boodskap voorberei het, was ek op die punt om te ry om my twee-en-negentigjarige ma in die hospitaal te gaan besoek. Sy het die vorige dag ineengestort en is deur ‘n vriend op haar kombuisvloer aangetref.

Ek is absoluut seker dat terwyl sy, gegewe haar ouderdom en haar swak gesondheid, daar in haar hospitaalbed gelê het en baie meer, as miskien ek of jy, aan die dood gedink het. . . Ingeval daardie vrees vir die dood jou pla, kyk wat God se Woord daaroor sê:

2 Korintiërs 5:6-8 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

Wat ‘n aanmoediging! As jy in Jesus glo, met watter gevoel kan jy daardie laaste dag op hierdie aarde benader? Met selfvertroue. Soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het: Geliefdes, moet nooit bang wees om te sterf nie. Sterwe is die laaste, maar die mins belangrike saak waaroor ’n Christen bekommerd moet wees.

As jy werklik in Jesus glo, hoef jy nie bang te wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.