... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maar Weet Jy Regtig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Listen to the radio broadcast of

Maar Weet Jy Regtig?


Download audio file

Wanneer jy ‘n nare fout begaan het – ek bedoel, ‘n baie slegte een – is dit een ding om te glo dat God jou vergewe het. Dit is heeltemal ‘n ander ding om dit te kan aanvaar; en om sodoende jouself te vergewe.

Ek het onlangs met iemand gesels wat ‘n paar ontsaglike groot foute in haar lewe gemaak het. Sy glo met haar hele hart in Jesus; sy dien Hom met ywer en sy lê al haar gawes en vermoëns op sy altaar. Maar dit was duidelik dat sy nie daardie verkeerde dade, wat baie dekades gelede plaasgevind het, kon laat gaan nie.

Ek het haar met die volgende woorde uitgedaag: Ek weet jy weet, maar weet jy regtig? Maar dit was duidelik dat sy diep in haar hart geweet het dat die antwoord … “nee” is. Ja, sy het die teorie geken. Sy het geweet dat sy deur in Jesus te glo, vergewe is. Maar sy het nie daardie vergifnis aanvaar nie; die kettings wat haar vasgebind het, was nie gebreek nie.

En as jy dalk in daardie situasie vasgevang is, en as jy jouself dalk nog vasgeketting hou deurdat jy jouself nooit vergewe het nie, het ek slegte nuus vir jou: Niks wat ek kan sê, sal hulle kan breek nie. Maar die goeie nuus is dat wanneer God praat, sy krag vrygestel word om kettings te breek. Ons lees in:

1 Johannes 1:8,9 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Mag Hy vandag die kettings wat jou bind, deur Sy Gees en Sy Woord breek.

Want … dit is inderdaad Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.