... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

My Skuld het Hy Betaal

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 2:21-24 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Listen to the radio broadcast of

My Skuld het Hy Betaal


Download audio file

Rentekoerse gaan op ‘n gereelde basis op en af. Wanneer hulle op is, vind diegene wat geld geleen het, dit al hoe moeiliker om hul skuld terug te betaal. En so is daar op die ou end die ongelukkiges; die mense wat soveel skuld het dat hulle alles wat hulle besit, verloor.

Ek bid dat jy dit nog nooit ervaar het nie. Ek het gesien hoe mense hulle huise verloor toe hulle nie met die betalings kon bybly nie. Die bank het dit teruggeneem en dit onder hulle uit verkoop. So ‘n ervaring moet absoluut hartverskeurend wees.

Maar weet jy, daar is ‘n skuld wat so groot is dat ek dit nooit kan terugbetaal nie. My skuld en joune, is ons sonde. Al die dinge wat ons verkeerd gedoen het. En met God se standaard van volkome heiligheid, volkome volmaaktheid is daar niks – absoluut niks – wat ek en jy ooit kan doen om daardie skuld terug te betaal nie. Ons sou bankrot verklaar gewees het. Maar, 

1 Petrus 2:21-24 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Soos iemand eenkeer gesê het, Jesus het gekom om ‘n skuld te betaal wat Hy nie geskuld het nie, want ons het ‘n skuld geskuld wat ons nie kon betaal nie. En die enigste ding wat ek en jy kan doen, is om op Hom te vertrou en op te hou om ‘n sondige lewe te leef.

My skuld het Hy betaal. My dood het Hy gesterf.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.