... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gemaklike Christenskap

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Listen to the radio broadcast of

Gemaklike Christenskap


Download audio file

Ek wil vandag die bul by die horings pak en vir jou sê, dat daar nie iets soos “gemaklike Christenskap” is nie. Trouens, dis net mooi die teenoorgestelde! As jy net traak-my-nieagtig deur die lewe wil gaan sonder om te dink wat jy doen, dan is Christenskap nie vir jou nie.

En as jy nou effens ongemaklik voel, is dit ‘n goeie ding, want Christenskap het uit die wrede, koelbloedige dood aan die kruis op Golgota ontstaan en is nie daar om mense te troos en goed te laat voel nie.

Die vroeë Christene is genadeloos vervolg omdat hulle verkondig het dat Jesus uit die dood opgestaan het. En weet jy, dat meer Christene gedurende die twintigste eeu, as in die vorige negentien eeue saam, gemartel is?

En as dit nie genoeg was om jou te laat regop sit nie; is die nuus dat die vlaag van vervolging teen Christene tans dwarsoor die wêreld besig om toe te neem. Nee, Christus het ons beslis nie geroep om ons goed en gemaklik te laat voel nie, want sy doel word duidelik in:

2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.

Nou ja, sê my, voel jy goed en gemaklik as jy hierdie woorde hoor? Toemaar, moenie bekommerd wees nie, ek ook nie. Dit is hoe ons geprogrammeer is. Maar as jy in Jesus wat vir jou gesterf het, glo, dan kan jy weet dat Hy gesterf het sodat jy kan ophou om vir jouself te lewe.

My vriend, Jesus het gesterf en is uit die dood opgewek sodat jy jou lewe vir Hom kan leef. Dit is ‘n ongelooflike, ongemaklike waarheid – Hy het jou hier geplaas om Hom te dien … wat dit ook al mag kos.

Daar is mense in jou lewe wat nodig het om Jesus se liefde deur jou unieke gawes en vermoëns te ervaar, sodat hulle van ‘n Christuslose ewigheid gered kan word.

Ja, laat ons maar die waarheid in die gesig staar: Daar is nie iets soos gemaklike Christenskap nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.