... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Vertroue Verloor Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 10:32-36 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het. Party van julle was blootgestel aan openbare bespotting; ander weer het hulle vereenselwig met dié wat so behandel is. Julle het saam gely met hulle wat in die gevangenis was en toe hulle julle van julle besittings beroof het, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle ’n beter en permanente besitting het. Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Vertroue Verloor Nie


Download audio file

Vertroue kan ‘n sterk dryfveer in ons lewens wees, mits ons ons vertroue in die regte dinge plaas. Met al die chaos waarin ons deesdae leef, wil ek jou vra: Hoe sterk staan jy?

As jy in Jesus glo, aanvaar ek dat jy op ‘n stadium, dalk pas nadat jy Hom as jou Verlosser en Koning aanvaar het, ‘n groot ywer, en ‘n onwrikbare geloof in Hom gehad het. Jy het destyds na ‘n lewensreis saam met Hom uitgesien.

Maar gaandeweg het die wrede werklikheid van die lewe jou getref. Die daaglikse druk om te oorleef, het aan die vertroue wat jy eens gehad het, begin vreet. Geleidelik het jou geloof eenvoudig begin kwyn … is ek reg?

Die goeie nuus is dat dit nie ‘n nuwe ding is nie. Jy is nie alleen nie, maar ek glo dat God vandag, deur sy Woord en sy Gees, daardie ywer en vertroue gaan herstel; dat Hy vir jou alles gaan gee wat jy nodig het. Is jy gereed?

Hebreërs 10: 32-36 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het. Party van julle was blootgestel aan openbare bespotting; ander weer het hulle vereenselwig met dié wat so behandel is. Julle het saam gely met hulle wat in die gevangenis was en toe hulle julle van julle besittings beroof het, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle ’n beter en permanente besitting het. Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)

Deur die krag van die Heilige Gees vra ek jou: moenie jou vertroue laat vaar nie, want dit bring groot beloning.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

.