... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus Soek en Red

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 19:9,10 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Listen to the radio broadcast of

Jesus Soek en Red


Download audio file

Ons weet mos dat ons almal in die geheim in ons koppe boekhou en daar is twee kolomme – die kredietkant en die debietkant; die goeie dinge wat ons gedoen het en die slegte dinge wat ons gedoen het. En diep in ons hart dink ons, dat God sy oog op daardie grootboek van ons hou.

Maar weet jy, ons moet nie so daaraan dink nie. God is ‘n God van genade en van barmhartigheid, van liefde en van vergifnis. En tog kan ons grootboek-mentaliteit so ongelooflik moeilik wees om af te skud, nie waar nie?

Ek het gister ‘n nare ding gedoen en nou wil God nie eers met my praat nie, wat nog te sê van my seën? Ek moet maar vir ‘n rukkie ligloop vir Hom.

En dag vir dag word daardie afstand groter en groter. Bietjie vir bietjie word dit ‘n gapende kloof so wyd en so diep, dat jy nie eers kan begin dink hoe jy dit gaan oorbrug nie.

Jesus het baie kwaai onder skoot gekom van die godsdienstige leiers van sy dag, omdat hy saam met prominente sondaars, soos die tollenaar Saggeus en sy vriende, gekuier het. Hulle was verskriklike mense wat hul mede-Israeliete bedrieg en uitgebuit en saamgewerk het met die Romeinse owerheid. 

Lukas 19:9,10 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ‘n kind van Abraham. Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

Jesus maak dit duidelik dat Hy gekom het vir mense net soos Saggeus, die slegste van die slegtes. Hy het gekom vir mense net soos ek en jy. Hy het gekom om ons te soek, om ons te vind en om ons te red – iets waarvoor Hy sy lewe gegee het. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.