... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nederigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,

Listen to the radio broadcast of

Nederigheid


Download audio file

Dit is lekker wanneer ander mense jou waardeer – vir die mens wat jy is, vir wat jy gedoen het en dalk selfs vir die potensiaal wat hulle in jou sien. Dit is lekker. Maar die tragedie is dat ons in ‘n wêreld, wat op sy kop staan, leef.

Om meer soos Jesus te word, is nie iets wat oornag gebeur nie, ten minste nie vir my nie. Wat van jou?

Goed, nou dat ons mekaar verstaan, kom ons vra mekaar wat doen ons met daardie natuurlike begeerte om populêr te wees, om gerespekteer te word, of om toekennings vir ons voortreflikheid te ontvang?

Dit is immers een ding om deur ander gewaardeer te word. Dit is heeltemal ‘n ander ding om na erkenning en belonings te smag. Wat het Jesus gedoen?

Filippense 2:7-9 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is

Wat dit vir my sê, is dat die grootste daad van nederigheid in die hele geskiedenis vir Jesus die grootste eer en beloning besorg het. En daardie beginsel geld vandag ook vir mense soos ek en jy.

Soos jy op jou reis saam met Jesus voortbeur – al is dit party dae een tree vorentoe, twee treë terug – ontdek jy dat hoe nederiger jy is, hoe meer erkenning ontvang jy. En weet jy dat wanneer jy vrykom van die begeerte tot wêreldse erkenning, hoe meer word jy vry van die druk om mense te beïndruk; jy hoef nie meer erkenning te kry nie; jy hoef nie meer te wen nie.

Maar hoe meer jy jouself verneder, hoe meer seën God jou op maniere wat jy nooit sou kon dink nie. Verneder jouself.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.