... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

’n Gesonde Ontevredenheid met ons Karakterfoute

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:3-5 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

’n Gesonde Ontevredenheid met ons Karakterfoute


Download audio file

Nie een van ons is perfek nie. Ek is nie en jy ook nie. En dit skep vir ons, wat in Jesus glo, nogal ‘n probleem. Want sy belofte is dat wanneer ons ons vertroue op Hom plaas, Hy ons ‘n nuwe lewe sal gee.

Jy weet dat jou sondes vergewe is en dat jy deur sy opstanding ‘n nuwe lewe gegee is, omdat jy in Jesus, wat vir jou aan die Kruis gesterf het, glo. En tog lyk dit asof ons nie ons vrese, mislukkings, swakhede en gebreke kan afskud nie.

Hoekom kan God nie net sy kosmiese towerstaf swaai en ons perfek maak nie? Nee, my vriend, dis nie hoe dit werk nie – dit is ‘n transformasie wat ‘n leeftyd neem.

Titus 3:3-5Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. (NLV)

Nou ja, hoe nou gemaak met hierdie gaping tussen die begrip van ‘n weergeboorte en die werklikheid dat jy nie van die een of ander sonde ontslae raak nie?

Ek het onlangs ‘n man hoor sê dat hy ‘n gesonde weersin in sy ingewortelde karakterfoute begin ontwikkel het. Met ander woorde, hy weet dat hy nuut gemaak is, maar hy erken terselfdertyd die realiteit van sy sonde. En hy gaan nie daarmee tevrede wees nie. Hy gaan dit nie aanvaar nie. Hy sal vir die res van sy dae op hierdie aarde aanhou om God toe te laat om sy “skoonmaakproses” voort te sit.

’n Gesonde ontevredenheid met ons karakterfoute. Dis goed. Dis waar dit begin.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.