... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Dubbele Porsie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Konings 2:9 Toe hulle oorkant aankom, sê Elia vir Elisa: “Wat kan ek vir jou doen voordat ek van jou weggeneem word?” “Laat my asseblief ’n dubbele erfgenaamsdeel van u gees ontvang,” antwoord Elisa. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Dubbele Porsie


Download audio file

Ek wonder of jy, nes ek, al gevind het dat jy besig is om te swoeg en te sweet, terwyl jy goeie dinge vir God probeer doen… maar dit voel so ontsettend moeilik. Dit voel asof God nie help nie en dat jy die volle las op jou eie dra.

Kyk, ek verstaan dit. Daar is mense wat nou hierdie stelling  luister of lees, en dink: “Nee wat, om vir God te werk is die laaste ding waarin ek belangstel. Regtig?” Goed, maar die meeste van ons wil tog doen wat goed is, nie waar nie? Maar sommige dae kan dit so moeilik wees om goed te doen.

Hoe ouer ek word, hoe minder stel ek daarin belang om dinge in my eie krag te doen. Dit sal dom wees wanneer ek weet daar is ‘n God met onbeperkte krag, met onbeperkte hulpbronne en met ‘n onbeperkte begeerte om ons te seën. Hoekom sal jy dit alles in jou eie krag wil doen?

Ons lees in die Ou Testament van ‘n groot profeet, Elisa. Hy was Elia se leerling en toe dit tyd geword het vir Elia om huis toe na God te gaan, het die volgende gebeur:

2 Konings 2:9Toe hulle oorkant aankom, sê Elia vir Elisa: “Wat kan ek vir jou doen voordat ek van jou weggeneem word?”        “Laat my asseblief ’n dubbele erfgenaamsdeel van u gees ontvang,” antwoord Elisa. (NLV)

Met ‘n versoek soos dié wou Elisa duidelik ook nie dinge in sy eie krag doen nie. En, dit waarvoor hy gevra het, is presies wat hy ontvang het. Toe Elia in die lug opgeneem is, is ‘n dubbele porsie van die Gees van God op hom uitgestort. Dit het hom groot krag en gesag gegee.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.