... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Volkome Gebalanseerde Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 4:5,6 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Volkome Gebalanseerde Lewe


Download audio file

As iemand na jou toe kom met ‘n aanbod wat ‘lewenstevredenheid’ waarborg – daardie diep bevrediging wat spruit uit ‘n vrugbare en gebalanseerde lewe – sou jy die aanbod aanvaar? Ek is redelik seker die meeste van ons sal.

Ja, ons weet dis waarna ons diep in ons hart smag. Ons begeer ‘n balans in die lewe wat tevredenheid bring. Aan die een kant wil ons ons gawes en vermoëns gebruik om sukses te bereik, aan die ander kant, wil ons genoeg tyd hê om die vrug van ons arbeid te geniet.

Deesdae noem ons dit balans tussen werk en lewe. Nouja … hoe lyk jou werk-lewe-balans? Vir sommige mense tiep die skaal na die kant van te veel werk, nie genoeg plesier nie, en vir ander is dit presies die teenoorgestelde.

In 1965 het die beroemde Britse rockgroep: ‘The Rolling Stones’ ‘n treffer gehad met hul liedjie I Can’t Get No, Satisfaction. Dit het ‘n gevoelige snaar geprikkel (‘n doelbewuste woordspeling) met die ongebalanseerde lewens wat mense in die sestigs gelei het.

Met al die tegnologie wat ons lewens vandag oorheers, het die lewe dalk sedertdien baie meer ongebalanseerd geraak. Is dit iets nuuts? Glad nie. Kyk wat sê koning Salomo in die jaar ongeveer 960 v.C. in: 

Prediker 4: 5,6 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Tog is ’n hand vol met rus beter as twee hande vol met moeite en ’n gejaag na wind. (NLV)

Is dit nie beter om tevrede te wees met die paar dinge wat jy het, as om altyd te sukkel om meer te kry nie? God het reeds drie duisend jaar gelede hierdie hele werk-lewe-balans wat ons hier in die 21ste eeu so ontwrig, deur Salomo laat opteken.

Kan ek jou vra om mooi na te dink oor hierdie vraagstuk: Is jou begeerte om bloot meer besittings te hê, besig om jou lewe te verwoes?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.