... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarom Werk Mense so Hard?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 4:4 Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.

Listen to the radio broadcast of

Waarom Werk Mense so Hard?


Download audio file

Ek glo in harde werk! Maar soos ek ouer en hopelik ‘n tikkie wyser geword het, het ek agtergekom dat harde werk ‘n donker en gevaarlike skadukant het. Dis daardie kwesbare deel waaroor ons vandag gaan gesels.

Deesdae is die begeerte na sukses in baie mense se lewens die middelpunt van hulle bestaan. En in ‘n mate is dit seker ‘n goeie ding om ambisieus te wees. Maar heeltemal te veel mense offer die belangrikste dinge in hul lewens op. Ek was destyds self skuldig hieraan. Sukses word vir jou belangriker as jou huwelik. In jou brandende begeerte om suksesvol te wees, loop jy ‘n belangrike deel van jou kinders se grootword mis, en jy maak ook nie tyd om ‘n positiewe bydrae tot jou gemeenskap te lewer nie.

Hoekom werk mense so hard? Of, ‘n belangriker vraag is: hoekom werk ék so hard? As dit jou pla, dan sal jy nie die eerste wees nie. Kyk wat die wyse koning Salomo van Israel sowat drieduisend jaar gelede gesê het in:

Prediker 4:4 Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is ‘n gejaag na wind.

Hier is ‘n strikvraag vir jou: As jy iemand is wat geneig is om jouself te oorwerk, hoeveel daarvan, spruit uit jaloesie; doodeenvoudige jaloesie?  Hoeveel daarvan doen jy omdat jy nie wil hê iemand anders moet meer as jy hê nie?

Hier is ‘n woord van waarskuwing: Salomo het destyds al geweet dit is sinneloos. Dit is net so betekenisloos soos om die wind te probeer vang.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.