... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof Wat Afkoel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:1,2 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Listen to the radio broadcast of

Geloof Wat Afkoel


Download audio file

Het jy al ooit gevind dat jou geloof in God afneem? Lank gelede, ja, lank-lank gelede, was jy aan die brand vir die Here. Maar nou het daardie vuur uitgebrand tot net ‘n paar gloeiende kole op jou beste dag, en ‘n hoop grys as op jou slegste dag.

‘n Rukkie gelede het een van die mense wat elke dag hierdie VARS-boodskappe ontvang, hulp gevra met haar kwynende geloof. Sy wil hê dit moet die hele tyd sterk wees. Kan jy dit asseblief in jou daaglikse boodskappe behandel om my te help, het sy gevra. Ek doen dit graag; daarom skop ons vandag af met ‘n mini-reeks om haar geloof, en joune, te versterk!

God wil graag hê dat jou geloof in Hom groei! Maar om dit te doen, het Hy jou en my samewerking nodig. Omdat daar dinge is wat óns doen, wat ons geloof skade aandoen.

Hebreërs 12:1,2 Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Die groot geloof van die geloofshelde van die Bybel en die gelowiges wat ons omring, is bedoel om ons op ons geloofsreis aan te moedig. Dis goed en wel, dis hoe dit moet wees. Maar hier lê die vangplek:

…laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, 

Watter bagasie dra jy rond wat jou spoed vertraag? Aan watter sonde hou jy vas, wat jou laat val? Jy sal ontslae moet raak van daardie dinge wat teen jou geloof werk. Dit is ‘n belangrike eerste stap om jou geloof te laat groei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.