... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Wêreld Buite Beheer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:22-25 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor, die stormwind vat hulle weg soos stoppels. Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige.

Listen to the radio broadcast of

‘n Wêreld Buite Beheer


Download audio file

Daar is tans byna ‘n miljard ondervoede mense in die wêreld, terwyl 2½ miljard óf oorgewig óf vetsugtig is. Meer as ‘n half triljoen dollar sal vanjaar aan onwettige dwelms bestee word. Van die 140+ miljoen mense wat vanjaar sal sterf, sal meer as die helfte van hulle in hul moeder se baarmoeder sterf. Is dit net ek wat so dink, of lyk dit regtig of die wêreld heeltemal buite beheer is?

Goed, ek weet ek en jy kan nie op ‘n globale skaal veel verskil maak nie. Maar terselfdertyd lyk dit soms of ons eie lewens ook buite beheer is.

Ek het nou die dag met ‘n paartjie, wie se volwasse seun weer vir sy dwelmprobleem in ‘n rehabilitasie fasiliteit opgeneem was, gesels. Hulle is liefdevolle, godvresende ouers wat hul bes gedoen het om hul kinders reg groot te maak, maar ten spyte daarvan…

Wanneer dit lyk asof die lewe heeltemal buite beheer raak, hier is ‘n skrifgedeelte, wat die moeite werd is om te onthou:

Jesaja 40:22-25 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ‘n tentdoek, oop soos ‘n tent vir die mense om onder te woon. Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor, die stormwind vat hulle weg soos stoppels. Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige.

A.W. Tozer het eenkeer gesê: Terwyl dit lyk of dinge buite beheer is, is daar agter die skerms ‘n God wat nie sy gesag prysgegee het nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.