... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Soos Beethoven

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:10,11 God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wees Soos Beethoven


Download audio file

Al te dikwels word die gawes en vermoëns wat God in ons wese ingeweef het, nie deur die res van die wêreld waardeer nie. Ja, my vriend, jy het dit waarskynlik ook al ervaar dat sekere mense jou talle redes sal gee om nie te doen waarvoor Hy jou roep nie.

Of jy nou van klassieke musiek hou of nie, jy het ongetwyfeld al van Ludwig van Beethoven, die grootste komponis van die romantiese tydperk, gehoor. Hy het, toe hy omtrent halfpad deur sy loopbaan was, doof geword. Die mense het vir hom gesê dat hy nooit weer musiek sal kan komponeer nie.

Het Ludwig na sy kritici geluister? Neeeee! Trouens, dis onverstaanbaar, maar hy het, nadat hy doof geword het, sy grootste werke gekomponeer. Toe ek besluit het om my veilige, goed-betalende IT-konsultasieloopbaan vaarwel toe te roep om by die sukkelende bediening van Christianityworks aan te sluit, het talle goedbedoelende mense my probeer afraai om dit te doen.

Weet jy, ander mense kan nie altyd die roeping van God op ons lewens raaksien nie. Hulle verstaan dit nie, maar jy verstaan dit baie goed. Jy weet watter gawe Hy jou gegee het om jou toe te rus daarvoor. Jy smag daarna om daardie persoon te word, om sy roeping te volg. Want …

1 Petrus 4:10,11 God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen. (NLV)

Moenie toelaat dat ander mense se gebrekkige visie jou terughou om God se roeping op jou lewe te volg nie. Gaan en wees alles wat Hy jou geskep het om te wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.