... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groei jou Geloof?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 1:1- 3 Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus. Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus met julle wees. Julle moet onder vervolging volhard. Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Groei jou Geloof?


Download audio file

 Hoe weet jy of jou geloof in God groei of nie? Gaan dit agteruit, is dit stagnant, of is daar groei? Wat is die maatstaf waarmee jy jou geloof meet?

Die apostel Paulus het byna die helfte van die boeke van die Nuwe Testament geskryf. Hulle kom na ons toe in die vorm van briewe. Hierdie briewe is óf aan die kerke wat hy geplant het, óf aan dié wat hy wou besoek, gerig.

As sodanig begin hulle altyd met ‘n hartlike, persoonlike groetewens soos hierdie een, in sy tweede brief aan die kerk in Tessalonika, wat in die noorde van die hedendaagse Griekeland geleë is.

2 Tessalonisense 1:1-3 Hierdie brief kom van Paulus, Silvanus en Timoteus. Ons skryf aan die gemeente in Tessalonika wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus met julle wees. Julle moet onder vervolging volhard. Broers en susters, dit is gepas dat ons altyd vir God dankie sal sê vir julle, want julle geloof hou net aan groei en julle almal se liefde vir mekaar word net groter! (NLV)

Dit is maklik om vlugtig oor Paulus se groetewense in sy briewe te lees, maar dis dom, want dit bevat dikwels kragtige waarhede; soos hierdie een waarin hy die gemeente se geloofsgroei direk aan die toenemende liefde vir mekaar koppel.

Om daardie lastige mense rondom ons lief te hê, kan dikwels ‘n ongelooflike moeilike taak wees. Maar hoe meer ons leer om hulle met ons gesindhede, met ons woorde en in die wyse waarop ons hulle behandel, lief te hê, hoe meer demonstreer ons die opregtheid van ons geloof in Jesus.

Liefde. Dit is die maatstaf, dit is die maatstaf van ons geloof.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.