... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Herbesin oor Jou Vriendskappe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 6:14,15 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?

Listen to the radio broadcast of

Herbesin oor Jou Vriendskappe


Download audio file

 Ons geloof in God, joune en myne, is nie veronderstel om soos die maan in grootte toe te neem en af te neem nie. Nee, God se plan is om ons geloof te laat groei en dit deur al die lief en leed in ons lewens, tot ons voordeel en tot sy eer te versterk.

Gister het ons, op versoek van iemand wat elke dag hierdie VARS boodskappe volg, ‘n klein mini-reeks afgeskop oor die versterking van ons geloof. En gister het ons gesels oor twee geloofsaboteurs – die bagasie wat ons uit die verlede ronddra wat ons groei belemmer, en die sonde wat ons laat struikel.

Vandag gaan ons kyk na ‘n derde geloofsaboteur – mense in wie se geselskap ons tyd deurbring.

2 Korintiërs 6:14,15 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan ‘n gelowige dieselfde belange hê as ‘n ongelowige?

Natuurlik gaan ons altyd deur mense, wat nie in Jesus glo nie, omring wees. Dit is hoe dit moet wees. Ons behoort die lig van sy liefde in hulle lewens te laat skyn. Maar let op hoe God praat van die aard van daardie verhoudings, wanneer Hy sê ons moet nie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg, of hoe kan ons dieselfde belange hê?

Wat God hier sê, is dat hoe sterker daardie verhoudings word, en hoe meer ons toelaat, dat diegene wat nie in Jesus glo nie, selfs diegene wat hul lewens proaktief teen Jesus leef, ons beïnvloed, hoe meer sal ons beginsels deur hul boosheid in gevaar gestel word.

Wil jy jou geloof in God laat groei? Moet dan nie toelaat dat ongelowiges jou van Jesus af wegtrek nie. Dit gaan alles oor die mense in wie se geselskap ons tyd deurbring.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.