... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sprong in die Duister?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 12:44-46 Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

Listen to the radio broadcast of

Sprong in die Duister?


Download audio file

Die meeste van ons sal onsself nie as ryk beskou nie. Afhangende van jou omstandighede, beskou jy jouself seker as iewers tussen “middelklas” en … nie so welaf nie. Maar dan stap jy verby daardie ou wat op straat bedel. . .

Dit lyk soms so onregverdig dat mense se finansiële situasie dikwels bepaal word deur die familie waarbinne hulle gebore is en die omstandighede waarin hulle grootgeword het. Hoekom is dit? Hoekom doen God nie iets daaraan nie?

Wel, eintlik het Hy reeds. Vandag se skrifgedeelte is veral vir diegene van ons wat onsself as “middelklas” beskou – ons oorleef, maar ons is beslis nie ryk nie.

Deuteronomium 15:7,8 As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou gee, ‘n arme is, ‘n mede-Israeliet, moet jy nie hard en suinig wees teenoor so ‘n broer van jou wat arm is nie. Wees vrygewig teenoor hom en leen hom wat hy nodig het.

Dit is ongelooflik hoe verwronge ons perspektief, te midde van die gemak van ‘n middelklasbestaan, raak. Die waarheid is, dat indien jy toegang tot skoon drinkwater het; genoeg kos het om te eet, ‘n dak oor jou kop het en klere om aan te trek, is jy oneindig ryk, selfs al beskou jy jouself nie as ryk nie.

Wat het God dan vir die armes gedoen? Hy het vir jou en vir my geroep om, met ‘n vrygewige hart, gewillig te wees om hulle te help.

Ja, mense is as gevolg van verskillende redes arm. Dis nie vir ons om te oordeel nie. God roep ons nie om selfvoldaan en selfsugtig te wees nie. Inteendeel: jy moet nie hard en suinig wees teenoor so ‘n broer van jou wat arm is nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.